30 Sep
30Sep

Die winter is verby en Flikflooi is genooi om saam met paar ander dames die lenteson en nuwe seisoen te vier in die buitelig van 'n tuin in Pretoria, met die heerlikste kos en lekker saamsing musiek.

Die piekniek mandjies was elkeen voorberei vir twee persone deur Elzette Viljoen en ons het behoorlik ons vingers af geëet! Vermaak was verskaf deur Pieter Strydom terwyl die dames rustig kon saamkuier op komberse en kussings en aan yskoue vonkelwyn sip.

Skakel gerus vir Elzette by 063 684 1869 om jou volgende geleentheid se peuselhappies te verskaf.

Daar was ook 'n Gintafel wat aan elkeen se geur en smaak voldoen het. Kobok het kom inloer en van hulle kunswerke kom uitstal. Besoek gerus KoboK se Facebook blad om meer uit te vind van die Afrika Skedelkuns.

Niks is lekkerder as om in die buitelig saam met goeie geselskap en lekker kos te kuier nie. Flikflooi sien uit na die volgende kuiertjie in Pretoria saam met die nuwe vriende en interessante besigheidsdames wat ons ontmoet het.


Tot volgende keer!

Flikflooi Vryskut Fotografie

Kommentaar
* Die e-pos sal nie op die webwerf gepubliseer word nie.
I BUILT MY SITE FOR FREE USING