16 Aug
16Aug

FLIKFLOOI FOTOGRAFIE het bietjie gaan kuier in Witbank by Hoërskool Generaal Hertzog se matriekafskeid waar ons die hoofseun van 2019, Johan Wilsenach, en die pragtige aster aan sy sy, Chereze Dupper, gaan afneem het op die treinspoor naby Witbank en by Hermansdal Lodge.

Chereze het in ‘n skouspelagtige groen rok gepronk terwyl Johan bakgat in sy swart pak gelyk het.

Voor die rinkink van die aand begin het, het FLIKFLOOI FOTOGRAFIE eers ‘n paar familiefoto’s en prettige portretfoto’s geneem van die paartjie waarna hulle in ‘n bloedrooi Ford Mustang daar weg is om by die res van hul klasmaats aan te sluit.

Alles van die beste HGH klas van 2019 – mag die toekoms vir julle blink en al julle planne en drome voor die wind gaan!


FLIKFLOOI

Kommentaar
* Die e-pos sal nie op die webwerf gepubliseer word nie.
I BUILT MY SITE FOR FREE USING