Oor die algemeen is Carolina 'n koue plek en die naweek van 24 Augustus 2019 was geen uitsondering nie. Gelukkig het die temperaturr so bietjie gestyg danksy die Meyer paar wat oor hierdie naweek die knoop deur gehaak het.
Lekker lag, heerlike kos, dans en 'n gesellige vuurtjie is net die regte medisyne om die koue af te skud.
Japie en Martinique, mag die toekoms vir julle saam 'n asemrowende reis wees en dankie dat FlikFlooi deel kon wees van julle spesiale dag.
Tot ons weer ontmoet. . .
FlikFlooi