13 Apr
13Apr


Hoe gelukkig is plaaskinders om steeds te kan rondhol, fietsry en buite speel gedurende die inperking nie!?

FlikFlooi is in Stoffberg MP waar die dogtertjies met trekkers speel en die laaities kosmosse pluk vir hul moeders.



Vuil voetjies hol die wêreld vol en modder handjies klouter oor die plaashek en teen 'n windpomp op terwyl die helder kosmos in volle blom is met die seisoen wat besig is om te verander. Die son kom elke oggend bietjie later op en die aanluggie raak nou koel maar dit kry geen kind in die huis opgesluit nie.



Daar is altyd tyd vir 'n kiekie en hier het ons die baljaar en skaterlag van die plaaslewe ten volle waardeer gedurende die vroegoggendure en oranje sonsondergangs by heldergeel sonneblom wat elke boerehart laat warm klop.



Tot volgende keer - Wees veilig!


FlikFlooi


Kommentaar
* Die e-pos sal nie op die webwerf gepubliseer word nie.
I BUILT MY SITE FOR FREE USING