‘n Babatee is ‘n wonderlike manier om vir vriende geluk te sê met die kleinding wat oppad is asook om mamma uit te help met ‘n paar benodighede.
Ervare mammas deel hulle raad en voorkeure terwyl jonger geslagte giggel en saam kuier. Almal maak 'n bohaaih oor die oulike kleertjies en speelgoed en by elke baba tee sien mens iets nuuts wat op die mark is en iewers sê iemand: “Ons het nooit sulke goed op ons dae gehad nie” en die gesprek draai na die uitwas van lapdoeke in die ou dae.
Ja hoe tye nie verander het nie – deesdae drink ons Gin in plaas van tee en die manne hou ‘n doeke-braai terwyl die dames eenkant geskenke oopmaak.
Maar voor ons almal bymekaar kan uitkom moet daar ‘n uitnodiging wees asook ‘n lysie met geskenkidees. Wat lekker is van vandag is dat ons sommer ‘n Whatsapp groepie stig en binne oomblikke het almal hulle uitnodiging ontvang en kan jy dadelik laat weet of jy die kuier gaan bywoon of nie – geen posseëls of koeverte nodig.
Skakel ons gerus vir ‘n uitnodiging in jou eie tema. Ons hou daarvan om die tema van die babakamer te gebruik sodat die speelgoed en dekor na die tyd in die kamer kan inpas. Stuur vir ons die lys van items wat benodig word en ons maak vir jou sommer ‘n bypastelike geskenklys saam met die uitnodiging sodat jou uitnodiging net bietjie meer uitstaan en uniek is al word dit steeds per foon gestuur.