Om die tafel sit vriendinnetjies en tee partytjie hou vir die bruinoog meisie se verjaardag vieringe.
Die hitte laat die kolwyntjies smelt maar wie gee nou om as jy heeltyd in die swembad se koel water kan baljaar?!
Speletjies soos "musical chairs" en "musical statues" sorg vir groot pret en lekker lag.
Dit is wonderlik om jonk te wees en die klein dingetjies te geniet en waardeer.
Deneske - mag hierdie 'n baie spesiale jaar vol opwinding vir jou wees. Geluk met jou 7de Verjaardag.
Met Liefde~
FlikFlooi